Groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland (1831-1891)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewitsj en die van is Romanof.
Kitsfeite Nikolaas Nikolajewitsj, Huis ...
Nikolaas Nikolajewitsj | |
---|---|
Groothertog | |
Huis | Romanof |
Vader | Nikolaas I van Rusland |
Moeder | Prinses Charlotte van Pruise |
Gebore | 8 Augustus [O.S. 27 Julie] 1831, Tsarskoje Selo, Russiese Ryk |
Oorlede | 25 April [O.S. 13 April] 1891, Krim |
Eggenote | Prinses Alexandra van Oldenburg |
Kinders | Nikolaas, Pieter |
Sluit
- Moenie verwar word met sy seun groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland (1856-1929) nie.
Groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland (Russies: Николай Николаевич; 8 Augustus [O.S. 27 Julie] 1831 – 25 April [O.S. 13 April] 1891) was die derde oudste seun en sesde oudste kind van keiser Nikolaas I van Rusland en prinses Charlotte van Pruise (keiserin Aleksandra Fjodorowna), en een van die stamvaders van die takke van die Russiese keiserlike familie. Hy word soms "Nikolaas Nikolajewitsj die Ouere" genoem om hom van sy seun te onderskei.