Hannes Alfvén
Sweedse elektriese ingenieur, plasmafisikus en wetenskapfiksieskrywer (1908-1995), wenner van die 1970 Nobelprys vir Fisika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hannes Olof Gösta Alfvén (* 30 Mei 1908, Norrköping, Swede – † 2 April 1995, Djursholm, Swede) was 'n Sweedse plasmafisikus en wenner van die Nobelprys vir fisika in 1970 (saam met Louis Néel) vir sy werk rakende magnetohidrodinamika.[1] Hy is oorspronklik opgelei as 'n swaarstroom elektriese ingenieur, maar het later geskuif na die onderwys en navorsing op die gebied van plasmafisika. Alfvén het vele bydraes tot plasmafisika gelewer, insluitend teorieë wat die gedrag van auroras beskryf, die Van Allen-stralingsgordels, die effek van magnetiese storms op die aarde se magnetiese veld, die aarde se magnetosfeer en die dinamika van plasmas in die melkweg.
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Hannes Alfvén | |
Hannes Alfvén in 1942 | |
Geboortenaam | Hannes Olof Gösta Alfvén |
---|---|
Gebore | 30 Mei 1908 Norrköping, Swede |
Oorlede | 2 April 1995 Djursholm, Swede |
Nasionaliteit | Swede |
Vakgebied | Elektriese ingenieurswese en Plasma fisika |
Instelling(s) | Universiteit van Uppsala Koninklike Universiteit van Technologie Universiteit van Kalifornië, San Diego Universiteit van Maryland, College Park Universiteit van Suidelike Kalifornië |
Alma mater | Universiteit van Uppsala |
Doktorale promotor(s) | Manne Siegbahn Carl Wilhelm Oseen |
Doktorale student(e) | Carl-Gunne Fälthammar Bibhas De Wing-Huen Ip |
Bekend vir | Alfvéngolf |
Toekennings | Nobelprys vir fisika (1970) Lomonosof-goue-medalje (1971) Dirac-medalje (1979) William Bowie-medalje (1988) |
Sluit