From Wikipedia, the free encyclopedia
Hannes la Grange (? - 21 April 1999) is die eerste Suid-Afrikaner wat die geografiese Suidpool bereik het. Hy het dit op 19 Januarie 1958 gedoen as deel van sir Vivian Fuchs se groep wat oor Antarktika gereis het.
Hannes het reeds op 14 November 1955 by die Shackleton-basis gearriveer as die eerste groep wat onder andere 'n hut moes bou en voorbereidings doen vir die groot groep wat eers op 12 Januarie 1957 gearriveer het. La Grange ('n boorling van Ladismith in die Karoo) was vir die aanvanklike groep gekies weens sy ondervinding as 'n weerkundige op Marion-eiland. Uit waardering vir sy geweldige bydrae was hy genooi deur Fuchs om saam na die Suidpool te gaan.
Na die ekspedisie se terugkeer is La Grange beloon met 'n goue medalje deur koningin Elizabeth II en 'n Antarktiese bergreeks staan vandag bekend as Lagrange.
In 1959 het La Grange na Antarktika teruggekeer as leier van Suid-Afrika se eerste Antarktiese ekspedisie. Hy is in 1999 aan 'n hartaanval oorlede.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.