Harrier Jump Jet
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Harrier, informeel na verwys as die Harrier Jump Jet, is 'n familie van straleraangedrewe aanvalsvliegtuie wat in staat is tot vertikale/kort opstyg en landingsoperasies (V/STOL). Die Harrier is oorspronklik ontwikkel deur die Britse vervaardiger Hawker Siddeley in die 1960's, en het na vore getree as die enigste werklik suksesvolle V/STOL-ontwerp. Dit ten spyte van die feit dat dit 'n subsoniese vliegtuig is, in teenstelling met meeste van sy mededingers. Dit is ontwerp om van geïmproviseerde basisse te bedryf, soos parkeerareas en oopgekapte woude, sonder groot en kwesbare lugbasisse. Later is die ontwerp aangepas vir hul gebruik vanaf vliegdekskepe.
Harrier "Jump Jet" | |
---|---|
'n Harrier GR7A van 800 Vlootlugeskader, Britse Vloot | |
Tipe | Vloot V/STOL aanvalsvegter |
Vervaardiger | Hawker Siddeley British Aerospace / McDonnell Douglas Boeing / BAE Systems |
Nooiensvlug | 28 Desember 1967 |
Vrygestel | 1969 |
Status | in diens |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Marinierskorps Britse Lugmag(onttrek) Britse Vloot(onttrek) Indiese Vloot(onttrek) |
Vervaardig | 1967–2003 |
Ontwikkel van | Hawker P.1127 |
Weergawes | Hawker Siddeley Harrier |
Daar is twee geslagte en vier hoofvariante van die Harrierfamilie, wat ontwikkel is deur vervaardigers in beide die Verenigde Koninkryk en die VSA
Die Hawker Siddeley Harrier is die eerste generasie-weergawe en is ook bekend as die AV-8A Harrier. Die Sea Harrier is 'n vlootaanvals-/lugverdedigingsvegter. Die AV-8B en BAE Harrier II is die onderskeie Amerikaanse en Britse weergawes van die tweede generasie Harriervliegtuig.