![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/71/Helge_Ingstad_-_1935_-_Oslo_Museum.jpg/640px-Helge_Ingstad_-_1935_-_Oslo_Museum.jpg&w=640&q=50)
Helge Ingstad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Helge Marcus Ingstad (* 30 Desember 1899 in Meråker; † 29 Maart 2001 in Oslo) was 'n Noorse ontdekkingsreisiger en skrywer. Nadat hulle 'n aantal Noorse nedersettings gekartografeer het, het Ingstad en sy vrou Anne Stine, 'n argeoloog, in 1961 die oorblyfsels van 'n Wiking-nedersetting in L'Anse aux Meadows op die Kanadese eiland Newfoundland ontdek. Hulle het sodoende die eerste navorsers geword wat 'n oortuigende bewys opgelewer het vir die hipotese dat Groenlandse Wikings reeds sowat 500 jaar voor Christophorus Columbus en John Cabot 'n Atlantiese seeroete na Noord-Amerika ontdek het. Ingstad het ook die teorie ontwikkel dat die misterieuse verdwyning van die Groenlandse Wiking-nedersettings in die 14de en 15de eeu moontlik deur hulle emigrasie na Noord-Amerika verklaar kan word.