![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/f/f9/Maties_Studenteraad_1928.jpg/640px-Maties_Studenteraad_1928.jpg&w=640&q=50)
Hendrik Bernardus Thom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hendrik Bernardus Thom (13 Desember 1905 – 4 November 1983) was 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en historikus. Hy het 'n belangrike rol gespeel in die kultuurlewe van die Afrikanervolk, en was die skrywer van 'n aantal belangrike historiese boeke.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/f/f9/Maties_Studenteraad_1928.jpg/640px-Maties_Studenteraad_1928.jpg)
Hy dien op die Argiefkommissie en tree op as voorsitter vanaf 1950 tot 1955. Hy was 'n lid van die Historiese Monumentekommissie, (later Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede), 1948–1954; Van Riebeeck-Vereniging; Stigting Simon van der Stel; Stellenbosch Museum en voorsitter van sy Raad van Trustees, 1962–1968.
Vir agttien jaar lank was hy voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en was 'n gesogte spreker. Hy dien ook as administrateur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Van 1952 tot 1960 was hy voorsitter van die Afrikaner-Broederbond.