Hercules is ’n sterrebeeld wat na die Romeinse god Hercules (Grieks: Herakles) genoem is. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is die vyfde grootste van die 88 moderne sterrebeelde.

Vir ’n artikel oor die Griekse god, sien Herakles.
Kitsfeite
Hercules
Thumb
Latynse naamHercules
GenitiefHerculis
AfkortingHer
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming17h
Deklinasie30º
Grootte1 225 vk. grade (5de)
KwadrantNQ3
Besonderhede
Hoofsterre14, 22
Helderste sterBeta Herculis (Kornephoros)
Naaste sterGliese 661
Sterre helderder as 3 m2
Sterre met planete14
Messier-voorwerpe2
Bayer-/Flamsteed-sterre106
MeteoorreënsTau Herculids
Aangrensende sterrebeelde
Draak, Veewagter, Noordelike Kroon, Slang se Kop, Slangdraer, Arend, Pyl, Vos, Lier
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Ruimtevoorwerpe

Hercules het geen sterre helderder as 1m nie. Daar is verskeie sterre met planete. 14 Herculis het een bevestigde en een onbevestigde planeet.

Die sterrebeeld bevat twee van die merkwaardigste bolvormige sterreswerms: Messier 13, die helderste een in die noordelike hemelruim met 300 000 sterre, en Messier 92. Die byna bolvormige planetêre newel Abell 39 kom ook hier voor. M13 is dof, maar kan op ’n helder aand met die blote oog gesien word.

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.