Here Sewentien

From Wikipedia, the free encyclopedia

Die Here Sewentien of Here XVII is die naam gegee aan die beheerraad van die Verenigde Oos-Indiese Maatskappy (VOC).

Die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Enkhuizen, Middelburg en Hoorn is in die VOC as ses kamers verteenwoordig. Elke kamer het 'n aantal afgevaardigdes gehad wat op die beheerraad gedien het.

Die Here XVII het gewissel (soos die direksie van 'n maatskappy vandag) en was gekose uit eie midde deur die verskeie kamers. Van die lede was 6 uit Amsterdam, 4 uit Zeeland (Middelburg), 1 uit Delft, 1 uit Hoorn en 1 uit Enkhuizen. Die verdeling was vryelik gebaseer op die kapitaal wat uit die streke na die koffers van die VOC gekom het. Die 17de lid was altyd toegevoeg deur 'n kamer anders as Amsterdam, om te verhoed dat die Amsterdamse kamer die bestuur oorheers.

Vergaderings is aanvanklik twee maal per jaar gehou en later drie maal per jaar. Die vergaderings was geroteer - 6 jaar agtereenvolgens in Amsterdam en dan twee maal agtereenvolgens in Middelburg.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.