Herman Heijermans - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Herman Heijermans.

Herman Heijermans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Herman Heijermans
Herman Heijermans

Herman Heijermans (3 Desember 1864 - 22 November 1924) was 'n Nederlandse skrywer.

Heijermans is gebore in Rotterdam uit 'n liberale Joodse gesin as die vyfde van elf kinders van Herman Heijermans Snr. en Matilda Moses Spiers. In die dagblad Algemeen Handelsblad publiseer hy 'n reeks sketse van die Joodse gesinslewe onder die skuilnaam Samuel Falkland wat in volumevorm gebundel is. Sy romans en verhale sluit Trinette (1892), Fles (1893), Kamertjeszonde (2 vol., 1896), Interieurs (1897) en Diamantstad (2 vols, 1903) in. Hy skep groot belangstelling deur sy toneelstuk Op Hoop van Zegen (1900. Vertaal deur Karel Schoeman as Op Hoop van Seën: 'n Spel van die See in Vier Bedrywe), wat 'n teregwysing is van die uitbuiting van vissers in Nederland aan die begin van die eeu. Dit is opgevoer in die Théâtre Antoine in Parys en in Engels vertaal deur die Stage Society as "The Good Hope".

Sy ander toneelstukke is: Dora Kremer (1893), Ghetto (1898), Het zevende Gebod (1899), Het Pantser (1901), Ora et labora (1901), asook talle stukke vir een bedryf. "A Case of Arson", 'n Engelstalige weergawe van die eenbedryf-toneelstuk Brand in de Jonge Jan was opvallend vir Henri de Vries se vertolking (1904 en 1905) van al sewe getuies wat as karakters verskyn.

Heijermans is op 59-jarige ouderdom in Zandvoort oorlede en is begrawe in Zorgvlied-begraafplaas.

Lewensloop

Heijermans was die oudste seun uit 'n liberaal-joodse gesin van elf kinders. Hy was die jonger broer van die beeldende kunstenares Marie Heijermans en die kinderboekskryfster Ida Heijermans (1861-1943) en die ouer broer van Louis Heijermans. In 1893 begin Heijermans werk as toneelresensent by die nuut-opgerigte koerant De Telegraaf. Hy skryf fel kritiek en verkry sodoende spoedig vele vyande. Hy begin self ook toneelstukke skryf, synde dat hy besonder betrokke was by maatskaplike kwessies. Voorbeelde hiervan is Ghetto (1898), oor die bekrompe Ortodoks-Joodse sfeer, Glück auf! (1911), oor die gruwelike ramp in die myn Radbod in Westfalen, en die bekende Op hoop van zegen (1900), oor die bedroewende omstandighede van die vissers. Die indrukke hiervoor verkry hy in Scheveningen en Katwijk aan Zee, waar hy enkele jare woon en bevriend raak met die skilder Jan Toorop. Die meeste van sy stukke word aanvanklik opgevoer by die Nederlandsche Toneel Vereniging in Amsterdam, waar Esther de Boer-van Rijk die vernaamste protagoniste was, veral as Kniertje in Op hoop van zegen en as Eva Bonheur. Heijermans was ook besonders aktief in die sosialistiese beweging. Hy word in 1897 lid van die in-1894-opgerigte Sociaal-Democratische Arbeiderspartij (SDAP, die voorloper van die Partij van de Arbeid (PvdA) ) en skryf in 1898 die party se propagandastuk getiteld Puntje. In die beginjare van die 20ste eeu was Heijermans vir 'n kort tydperk direkteur van Theater Carré. Heijermans het ook onder 'n aantal skuilname geskryf, waaronder Samuel Falkland (vir die kortverhale die Falklandjes), Koos Habbema, Hans Lidi Ficor en Hans Müller.[1]

Herman Heijermans was van 1901-1918 getroud met die kabaretsangeres Maria Sophia Peers (1871-1944). Hul dogter Hermine Heijermans (1902-1983) skryf o.a. Mijn vader Herman Heijermans, leven naast roem (1973), Leven met Eros (1979) en Jaren vol galgenhumor - 1940-1945 (1981), en in die sestiger - en sewentigerjare skryf sy rubrieke vir Sekstant, die tydskrif van die Nederlandse Vereniging voor Seksuele Hervorming.

Begrafnis

Herman Heijermans sterf in 1924 op 59-jarige ouderdom aan kanker. Sy begrafnis, wat georganiseer is deur die SDAP, het in Amsterdam plaasgevind. Tekenend van sy gewildheid was die groot aantal belangstellendes langs die roete van die stoet van Zandvoort na Amsterdam: die mense het rye dik gestaan.

Daar bestaan filmbeelde van Heijermans se begrafnis. Daar is egter sover bekend geen filmbeelde van Heijermans in lewende lywe nie.

Bibliografie

  • 1892 - 'n Jodenstreek?
  • 1892 - Trinette
  • 1893 - Ahasverus (onder die skuilnaam Ivan Jelakowitch)
  • 1893 - Dora Kremer
  • 1893 - Fleo
  • 1897 - Sabbath
  • 1898 - Diamantstad
  • 1898 - Ghetto (toneelstuk)
  • 1898 - Het antwoord
  • 1898 - Kamertjeszonde (onder skuilnaam Koos Habbema)
  • 1898 - Nummer tachtig
  • 1898 - Puntje
  • 1899 - De machien
  • 1899 - De onbekende
  • 1899 - Ego
  • 1899 - Het zevende gebod
  • 1900 - Eén mei
  • 1900 - Het pantser
  • 1901 - Op hoop van zegen (Toneelstuk. Vertaal deur Karel Schoeman as Op Hoop van Seën: 'n Spel van die See in Vier Bedrywe)
  • 1901 - Ora et labora
  • 1903 - Bloeimaand
  • 1903 - Buren
  • 1903 - Het kamerschut
  • 1903 - Het kind
  • 1903 - In de Jonge Jan
  • 1903 - Schakels
  • 1904 - Kleine verschrikkingen
  • 1904 - Saltimbank
  • 1905 - Allerzielen
  • 1905 - Artikel 188
  • 1905 - Biecht eener schuldige
  • 1905 - De meid
  • 1905 - Interieurs
  • 1906 - Feest
  • 1906 - Kleine vertelsels
  • 1907 - Uitkomst
  • 1907 - Vreemde jacht
  • 1907 - Wat niet kon
  • 1908 - Berliner Skizzenbuch
  • 1908 - De groote vlucht
  • 1908 - De opgaande zon
  • 1908 - Joep's wonderlijke avonturen
  • 1909 - De roode Flibustier
  • 1909 - De schoone slaapster
  • 1910 - Beschuit met muisjes
  • 1910 - Nocturne
  • 1911 - Gevleugelde daden
  • 1911 - Glück auf!
  • 1912 - Duczika
  • 1914 - Brief in den schemer
  • 1914 - De buikspreker
  • 1914 - Een heerenhuis te koop
  • 1914 - Robert, Bertram en Co.
  • 1916 - Dageraad
  • 1916 - Eva Bonheur (ook 'n hoorspel)
  • 1917 - De Wijze Kater
  • 1919 - De noodlottige gelijkenis. 'n Klug in drie bedrywe, verwerk na die Duitse toneelskrywer Carl Rössler[2]
  • 1920 - De vliegende Hollander
  • 1923 - Van ouds `De Morgenster'
  • 1924 - De moord in de trein
  • 1924 - Droomkoninkje
  • 1925 - Vuurvlindertje

Die versamelde toneelstukke verskyn in drie dele as Herman Heijermans Toneelwerken (red. G.A. van Oorschot, S. Carmiggelt, H.A. Gomperts, A. Koolhaas, H.H.J. de Leeuwe, H.S.F. Heijermans. Uitg. G.A. van Oorschot, Amsterdam, 1965)

Sekondêre literatuur

Borsbeeld van Herman Heijermans uit 1935, ontwerp deur Joseph Mendes da Costa in Amsterdam
Borsbeeld van Herman Heijermans uit 1935, ontwerp deur Joseph Mendes da Costa in Amsterdam
  • 1927 - F. Hulleman: Heijermans-herinneringen
  • 1934 - G. Karsten: Herman Heijermans, novellist, romancier, dramaturg
  • 1949 - B. Groeneveld: Herman Heijermans
  • 1954 - Seymour L. Flaxman: The dramatic work of Herman Heijermans
  • 1964 - G. Borgers en anderen:Herman Heijermans. Schrijversprentenboek
  • 1965 - Annie Heijermans-Jurgens:Herman Heijermans' laatste levensjaren
  • 1967 - C.A. Schilp: Herman Heijermans
  • 1971 - E. de Jong: Met waarachtige zorg. De toneelschrijver Herman Heijermans
  • 1973 - Hermine Heijermans: Mijn vader Herman Heijermans; leven naast roem
  • 1974 - Wim J. Simons: Samuel Falkland. Schetsen en vertellingen
  • 1996 - Hans Goedkoop: Geluk. Het leven van Herman Heijermans, proefskrif, Arbeiderspers, Amsterdam

Verwysings

  1. Trouw.nl 20 januari 1995 Ruud Verdonck: Speurwerk voor Hansyclopedie had wel wat grondiger gekund (Boekbespreking Hans Ferrée: Groot wetenswaardighedenboek Hans.. ((Boekbespreking van Hans Ferrée: Groot wetenswaardighedenboek Hans.) Besoek op 11 Julie 2019.
  2. de Volkskrant.nl 21 Februarie 1996 Onbekend toneelstuk van Herman Heijermans ontdekt. Verwant aan De Wijze kater. Opgespoor op 11 Julie 2019.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Herman Heijermans
Listen to this article