Hoei
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hoei (Frans: Huy) is 'n klein stad in die provinsie Luik van die Franstalige gewes Wallonië (België) met 'n oppervlakte van 47,74 km² en sowat 21 000 inwoners (2011).
Kitsfeite Hoei Huy, Land ...
Hoei Huy | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die fontein Li Bassinia | |
Ligging van Hoei in die provinsie Luik | |
Koördinate: 50°31′00″N 5°14′00″O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Wallonië |
Provinsie | Luik |
Regering | |
• Burgemeester | Micheline Toussaint-Richardeau (PS) |
Oppervlak | |
• Totaal | 47,74 km2 (18,43 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 21 305 |
• Digtheid | 446/km2 (1 160/vk. myl) |
Poskode | 4500 |
Skakelkodes | 085 |
Webwerf | www.huy.be |
Sluit
Die stad teen die Maasrivier is in die Middeleeue 'n belangrike handelsentrum vir wyn, tin en koperware, wat wyd bekend staan vir sy vier wonders: Li tchestia (die kasteel), Li Pontia (die brug), Li Rondia (die roosvenster) en Li Bassinia (die fontein). Die twee laasgenoemdes het behoue gebly en maak deel uit van die stad se huidige besienswaardighede.