Hondeklipbaai-vuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hondeklipbaai-vuurtoring is 'n vuurtoring aan die Atlantiese Oseaan aan die noordekant van die baai by Hondeklipbaai, 'n vakansiedorp vir boere, vissers en skubaduikers met 'n natuurlike hawe wat vroeër vir die uitvoer van koper gebruik is, 104 km van Springbok af.
Die huidige toring is in 1956 opgerig en bestaan uit 'n metaaltoring met 'n groot wit-en-rooi gestreepte diamantvormige dagmerk. Die lig was van die begin af ten volle geoutomatiseer. Die drie kort flitse wat elke 15 sekondes gegee word, is afkomstig van 'n asetileengasflits. Dit word deur 'n klein dromlens versterk om sigbaarheid tot een seemyl te verbeter.[1]