Ierse Rugbyvoetbalunie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ierse Rugbyvoetbalunie (Engels: Irish Rugby Football Union, afgekort “IRFU”; Iers-Gaelies: Cumann Rugbaí na hÉireann) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) beheer. Die beheerliggaam is in 1879 gestig en by Lansdowne Road in Dublin gesetel. Sedert 1886 verteenwoordig dit Ierland by Wêreldrugby en ook by Rugby Europa (“RE”).
Kitsfeite Engelse naam, Afkorting ...
Ierse Rugbyvoetbalunie | |
---|---|
Kenteken van die Ierse Rugbyvoetbalunie | |
Engelse naam | Irish Rugby Football Union |
Afkorting | IRFU |
Iers-Gaeliese naam | Cumann Rugbaí na hÉireann |
Lande | Ierland en Noord-Ierland |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1879 |
Gestig in | Dublin, Ierland |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1886 (Stigtingslid) |
Vastelandse beheerliggaam | Rugby Europa |
President | Greg Barrett |
Setel | Lansdowne Road, Dublin, Ierland |
Amptelike tale | Engels en Iers-Gaelies |
Amptelike webwerf | irishrugby.ie |
Sluit