Ietermago
Soogdier / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die ietermago (ook ietermagog of ietermagô) is 'n soogdier in die orde Pholidota. Daar is slegs een oorgeblewe familie (Manidae), en voorheen is slegs een genus (Manis) erken. Meer onlangs word drie genera erken, wat uit altesaam agt spesies bestaan. Daar is ook 'n aantal uitgestorwe taksonomiese groepe. Ietermago's is die enigste soogdiere wat harde skubbe op hulle vel het. Hulle word in die tropiese streke van Afrika en Asië aangetref. Die ietermago word soms met die Amerikaanse gordeldier vergelyk, maar dié het 'n beenagtige dop en word onder 'n ander familie en orde geklassifiseer.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Spesies ...
Ietermago | |
---|---|
Manis javanica | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
(geen rang): | Ferae |
Superorde: | |
Orde: | Pholidota Weber, 1904 |
Familie: | Manidae Gray, 1821 |
Genus: | Manis Linnaeus, 1758 |
Spesies | |
| |
Manis crassicaudata Manis javanica Manis culionensis Phataginus tricuspis Phataginus tetradactyla Smutsia gigantea |
Sluit
Ietermago's is nagdiere en gebruik hulle goed ontwikkelde reuksintuig om insekte te vind.