Induksie-kookplaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Induksie-kookplate is moderne kookplate wat die onderkant van ferromagnetiese kookgereedskap deur middel van werwelstrome verhit. Onderkant die glaskeramiek-plaat, waarop panne en kookpotte geplaas word, lê 'n spoel wat elektriese spanning kry en sodoende magneetvelde veroorsaak. Die magneetvelde begin die onderdeel van die kookgereedskap regstreeks verhit.
Induksie-kookplate bespaar tyd en energie, aangesien hulle anders as konvensionele kookplate nie eers die verhittingselemente en glaskeramiekplaat moet verhit nie. 'n Pot met water begin binne enkele minute te kook. Hitte en kooktyd kan vooraf noukeurig bepaal en onmiddellik verander word, en die induksie-kookplaat reageer onmiddellik en net so vinnig op enige verandering as 'n gasstoof-kookplaat.
Tydens die kookproses word die induksie-kookplaat self nie verhit nie en verwarm slegs weens die warm onderdeel van die kookpot. As die pot verwyder word, word ook die kookplaat outomaties afgeskakel. Daarnaas erken induksie-kookplate selfstandig of 'n kookpot en pan magneties en dus geskik vir induksie-kook is of nie. Ongeskikte of leë gereedskap word nie verhit nie, en die kookplaat skakel hom af.
Geskikte kookgereedskap is vlekvrye staal met ferromagnetiese drielaag-onderdele, gietyster- en geëmaljeerde kookpotte en panne. Keramiek, glas, koper, aluminium en gewone staal is nie geskik vir induksie-kookplate nie.