Jeļena Ostapenko
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jeļena Ostapenko, ook bekend as Aļona Ostapenko[3] (gebore in Riga, 8 Junie 1997), is 'n Letse tennisspeler. Sy het op vyf begin tennis speel. Haar gunstelingoppervlak is hardebaan. Sy speel regshandig en het 'n dubbelhand-rughand.[1]
Jeļena Ostapenko tydens die Franse Ope in 2022 | ||
Volle naam | Jeļena Ostapenko | |
---|---|---|
Land | Letland | |
Woonplek | Riga, Letland | |
Geboortedatum | 8 Junie 1997 (1997-06-08) (27 jaar oud) [1] | |
Geboorteplek | Riga, Letland[1] | |
Lengte | 1,77 m[1] | |
Afrigter | Stas Khmarsky, Jeļena Jakovļeva[1] | |
Begin professioneel | 2012[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $14 613 643 (soos op 29 Januarie 2024)[1] (38ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 351–211 (62,5%)[1] | |
Loopbaantitels | 7 WTA,[1] 7 ITF | |
Hoogste rang | No. 5 (19 Maart 2018)[1] | |
Huidige rang | No. 12 (29 Januarie 2024)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | KE (2023) | |
Franse Ope | W (2017) | |
Wimbledon | HE (2018) | |
VSA-Ope | 3R (2017, 2018, 2019) | |
Groot toernooie | ||
WTA-kampioenskap | RR (2017) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 214–143 (59,9%)[1] | |
Loopbaantitels | 7 WTA,[1] 8 ITF | |
Hoogste rang | No. 7 (12 September 2022)[1] | |
Huidige rang | No. 17 (29 Januarie 2024)[1] | |
Australiese Ope | E (2024) | |
Franse Ope | HE (2022) | |
Wimbledon | HE (2022) | |
VSA-Ope | KE (2019) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
WTA-kampioenskap | HE (2022) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | ||
Loopbaantitels | 0 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | KE (2023) | |
Franse Ope | 1R (2017, 2018, 2023) | |
Wimbledon | E (2019) | |
VSA-Ope | KE (2022) | |
Laaste opgedateer op: 29 Januarie 2024. |
In 2015 kry sy 'n loslootjie om by die Wimbledon-kampioenskap te speel, wat haar grandslamdebuut inlui. Later daardie jaar speel sy die eerste keer tydens die Quebec-toernooi in 'n WTA-eindstryd. In 2016 vorder sy tot die eindrondte tydens die "Premier Five"-toernooi in Doha, en so ook in 2017 tydens die Charleston-toernooi.
In 2017 behaal Ostapenko haar eerste WTA-titel op die dubbelspeltoernooi in Sint Petersburg (saam met die Poolse Alicja Rosolska).
In 2017 wen sy ook die enkelspel op Roland Garros, haar eerste grandslamtitel, asook die eerste vir 'n speler uit Letland. Sy het eers vir Louisa Chirico, Mónica Puig, Lesja Tsoerenko en Samantha Stosur uitgestof, waarna sy Caroline Wozniacki in die kwarteindronde klop, vir Timea Bacsinszky in die halfeindronde, en die derde gekeurde Simona Halep in die eindstryd verslaan. Haar oorwinning as ongeplaaste speler op Roland Garros is die eerste sedert dié van Margaret Scriven in 1933.[4]