Johannes van der Walt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes van der Walt (die Gemaskerde Wonder of “Masked Marvel”, plaas Witkoppen, distrik Johannesburg, Transvaal, 9 November 1908 – Johannesburg, Suid-Afrika, 25 Maart 1943) was ’n kampioenstoeier en hoof-generaal van die Ossewabrandwag aan die Witwatersrand. Hy word beskryf as die “groot Afrikanersportheld van die jare dertig”.