John Peter Zenger
From Wikipedia, the free encyclopedia
John Peter Zenger (26 Oktober 1697 – 28 Julie 1746) was 'n Duitse drukker en joernalis in New York Stad. Zenger het die New York Weekly Journal gedruk.[1] Hy is in 1734 van laster (naamskending) beskuldig deur William Cosby, die koninklike goewerneur van die Provinsie van New York, maar is onskuldig bevind deur die jurie. Dit het 'n simbool geword vir die vryheid van die pers.[2]
John Peter Zenger | |
---|---|
Gebore | 26 Oktober 1697 Impflingen, Rynland-palatinaat, Heilige Romeinse Ryk |
Sterf | 28 Julie 1746 |
Burgerskap | Brits |
Beroep | koerantskrywer |
In 1733 het Zenger die New York Weekly Journal begin druk, wat opinies gehuldig het wat krities was oor die koloniale goewerneur William Cosby.[3] Op 17 November 1734 is Zenger op bevel van Cosby deur die landdros gearresteer. Nadat 'n jurie (grand jury) geweier het om hom in 'n staat van beskuldiging te plaas, het die destydse Prokureur-generaal, Richard Bradley, hom in Augustus 1735 van laster aangekla.[4]
Zenger se prokureurs, Andrew Hamilton en William Smith Snr., het suksesvol geargumenteer dat 'waarheid' 'n verweer teen lasteraanklagte is.[5]