Jurie Ferreira - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Jurie Ferreira.

Jurie Ferreira

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Jurie Ferreira
GeboortenaamJohannes Jurgens Ferreira
Geboorte3 Maart 1921
Ventersdorp, Suid-Afrika
Afsterwe24 Junie 2002
Pretoria
Beroep(e)Sanger
Portal.svg Musiekportaal

Jurie Ferreira (1921 - 2002) was ’n Afrikaanse sanger.[1] Van sy bekendste treffers is: Die swaeltjie, Die blonde matroos, Tahiti, Boereseun en Erika. Hy het ook sy verskyning in rolprente soos Kom saam, vanaand, Hier’s ons weer, Alles sal regkom en Altyd in my drome gemaak.

Ferreira is 1921 in Ventersdorp in die Noordwes gebore. In 1936 bring sy pa hom as 15-jarige na Johannesburg vir ’n sangopname. Sy eerste kommersiële plaat, Tier, word 1939 opgeneem. In 1941 sluit hy by die orkes van Arnout Malherbe aan. Hendrik Susan bied hom in 1945 ’n kontrak aan en hulle toer vir sewe jaar saam deur die land. In 1954 begin hy sy eie orkes en in 1965 sluit hy by die leër aan.

Hy is op die ouderdom van 82 in 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane na ’n lang siekbed oorlede. Hy laat sy vrou, Sue, twee seuns en drie stiefseuns agter.[2]

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Jurie Ferreira
Listen to this article