Die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste (afgekort as Kruik of KRUIK) is in 1963 gestig nadat die Nasionale Teaterorganisasie die vorige jaar ontbind en deur vier provinsiale rade vervang is.[1] Die doel was om die uitvoerende kunste in die Kaapprovinsie te bevorder. Die raad het ’n subsidie van die staat gekry om verskillende kunsvorms aan te bied en ’n teater te bedryf.

Thumb
Voormalige Nico Malan-teater, vandag se Artscape Theatre Centre
Thumb
Konsert program van 1975

Dit is geregistreer as ’n niewinsgewende vereniging en is bestuur deur ’n raad wat verteenwoordig is deur die provinsiale administrateur en verteenwoordigers van die provinsie, die stad Kaapstad, die departement van nasionale opvoeding, die sakesektor en kunstenaars.

Kruik het vier kunsvorms aangebied: orkes, opera, ballet en toneel. Die geselskappe het voltydse kunstenaars, tegniese en adminitratiewe personeel gehad. In 1994 moes die onderskeie geselskappe onafhanklik word. Kunstekaap is op 27 Maart 1999 gestig om Kruik te vervang. Hul basis, die Nico Malan-teater, is hernoem na die Kunstekaap-teatersentrum.

Verwysings

Bronne

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.