Kerk op Bloed
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kerk op Bloed in Jekaterinburg (Russies: Храм-на-Крови́ во и́мя Всех святы́х, в земле́ Росси́йской просия́вших, Chram-na-Krowi wo imja Fsjech swjatich, w zemle Rossijiskoi prosijafsjich, "Kerk op Bloed ter ere van alle heiliges wat die land Rusland verlig") is 'n Russies-Ortodokse kerkgebou. Dit staan op die terrein van die Ipatijef-huis in Jekaterinburg, waar Nikolaas II, die laaste keiser van Rusland, en sy gesin saam met lede van hulle huishouding tydens die Russiese Burgeroorlog deur Bolsjewiste doodgeskiet is en gedenk die heiligverklaring van die Romanofs.
- Vir die Kerk op Bloed in Sint Petersburg, sien Kerk van die Verlosser op Bloed.
Kitsfeite Volle plaaslike naam, Stad ...
Kerk op Bloed | |
---|---|
Volle plaaslike naam | Храм-на-Крови́ во и́мя Всех святы́х, в земле́ Росси́йской просия́вших |
Stad | Jekaterinburg |
Land | Rusland |
Denominasie | Russies-Ortodokse Kerk |
Status | Kapel |
Funksies | Spesiale geleenthede |
Eerste sooi gespit | 23 September 1992 |
Gebou | 2000-'03 |
Sluit