Klaus Ebner
From Wikipedia, the free encyclopedia
Klaus Ebner (Wene, 8 Augustus 1964) is 'n Oostenrykse skrywer van prosa, poësie en essays. Hy vertaal ook Franse en Katalaanse werke na Duits. In die jare '80 skryf hy boeke oor sagteware en literêre tekste in tydskrifte. Sy eerste bundel kort stories word in 2007 gepubliseer. Die outeur skryf poësie in Duits en Katalaans.