'n Kloof of ravyn is 'n rivierdal met steil (rots)wande wat deur erosie diep uitgedolwe is. Groot klowe word dikwels met die term canyon aangedui.
- Vir die woongebied in Durban, sien Kloof, KwaZulu-Natal.
Klowe bied 'n uitstekende ligging vir die bou van 'n studam. Klowe is ook dikwels die enigste roete deur 'n bergreeks. Tydens oorloë word klowe ook dikwels vir die lê van hinderlae gebruik. As gevolg hiervan is klowe van groot strategiese belang.
Die drie langste klowe ter wêreld is:
- Yarlung Tsangpo Canyon in Tibet, met 'n lengte van 496,3 km en 'n maksimum diepte van 5382 meter.
- Grand Canyon (Colorado) in die Verenigde State van Amerika.
- Visrivier-canyon in Namibië.
In 2013 het Amerikaanse navorsers by die Universiteit van Bristol 'n kloof onder 'n laag ys op Groenland ontdek. Die kloof is vanuit 'n vliegtuig wat die gebied met radiogolwe gekarteer het bespeur. Die kloof, wat ongeveer 'n kilometer breed is, is met 'n lengte van ongeveer 750 kilometer waarskynlik die langste ter wêreld.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir kloof.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.