Koninkryk Masedonië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Masedonië[1] (Grieks: Μακεδονία, Makedonía) was ’n antieke koninkryk in die noordoostelike deel van die Griekse skiereiland en kom grotendeels ooreen met die hedendaagse Griekse provinsie Masedonië.[2] Dit is begrens deur Epirus in die weste, Paionië in die noorde, Thrakië in die ooste en Thessalië in die suide.
| ||||
Die Koninkryk van Masedonië | ||||
Hoofstad | Aigai (tot omstreeks 400 v.C.) Pella (na omstreeks 400 v.C. | |||
Taal/Tale | Masedonies later Atties of Koine | |||
Godsdiens | Griekse mitologie | |||
Regering | Monargie | |||
Koning | ||||
- 808–778 v.C. | Karanos | |||
- 359–336 v.C. | Philippos II | |||
- 336–323 v.C. | Alexander die Grote | |||
- 221–179 v.C. | Philippos V | |||
Wetgewer | Kongres | |||
Historiese tydperk | Antieke tydperk | |||
- Karanos stig die Argeïese Dinastie | 9de eeu v.C. | |||
- Amintas III verenig Masedonië | 382 v.C. | |||
- Verowering deur die Romeinse Republiek tydens die Vierde Masedoniese Oorlog | 146 v.C. | |||
Geldeenheid | Dragma |
Die opgang van Masedonië van ’n klein koninkryk tot een wat die hele Hellenistiese wêreld oorheers het, het begin tydens die bewind van Philippos II. Vir ’n kort rukkie, ná die oorwinning van Alexander die Grote, was dit die magtigste staat in die wêreld.