Konstantyn II van Skotland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Konstantyn II (volle naam: Constantín mac Áeda, Skots-Gaelies: Còiseam mac Aoidh; omstreeks 874 – 952) was die seun van koning Áed en self koning van Skotland, wat toe bekend was as Alba. Die Koninkryk Alba, waarvan die oorsprong teruggespeur kan word na die tyd van Konstantyn, was in Noord-Brittanje.