Koördinatestelsel
From Wikipedia, the free encyclopedia
In wiskunde en toepassing is 'n koördinatestelsel, of koördinaatstelsel, 'n stelsel om 'n tupel van getalle aan elk van die punte in 'n n-dimensionele ruimte toe te ken. "Getalle" beteken in baie gevalle reële getalle, maar kan ook, afhangende van die konteks, komplekse getalle of elemente van een of ander ander veld beteken. Indien die ruimte of variëteit gekrom is, mag dit nie moontlik wees om 'n konsekwente koördinatestelsel vir die hele ruimte verskaf. In die geval word 'n versameling van koördinatestelsels, wat kaarte genoem word, gebruik om 'n atlas saam te stel wat die hele ruimte dek.
As die ruimte een of ander addisionele algebraïese struktuur het, sal die koördinate ook onder ringe of groepe transformeer; 'n besonder beroemde voorbeeld in die geval is die Lie groepe.
Alhoewel enige spesifieke koördinatestelsel nuttig is vir numeriese berekeninge in 'n gegewe ruimte, word die ruimte beskou as iets wat onafhanklik van enige besonder koördinaat keuse bestaan. Volgens konvensie is die oorsprong van die koördinatestelsel in Cartesiese koördinate die punt (0, 0, …, 0), wat aan enige punt in die Euklidiese ruimte toegeken kan word.
In sommige koördinatestelsel word sommige punte geassosieer met veelvuldige koördinaat tupels, b.v. die oorsprong in die poolkoördinatestelsel: r = 0 maar θ kan enige hoek wees.