From Wikipedia, the free encyclopedia
In die veld van kragopwekking is 'n kragopwekker (of elektriese generator) 'n toestel wat meganiese energie omskakel in elektriese energie. Die omgekeerde omskakeling van elektriese energie na meganiese energie word deur 'n motor gedoen; elektriese motore en generatore het verskeie ooreenkomste. 'n Generator forseer elektrone in die spoel om deur 'n eksterne elektriese stroombaan te vloei. Dit stem in 'n sekere mate ooreen met 'n waterpomp, wat watervloei genereer, maar nie die water self skep nie. Die bron van meganiese energie kan 'n suier- of turbine stoomenjin, vallende water deur 'n turbine of waterwiel, binnebrandmotor, 'n windturbine, 'n handslinger, saamgeperste lug, of enige ander bron van meganiese energie wees.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.