Krim-Tataars
taal / From Wikipedia, the free encyclopedia
Krim-Tataars of Krim-Turks (Къырымтатарджа Qırımtatarca, Къырымтатар тили Qırımtatar tili, [qɯrɯmtɑtɑrˈd͡ʒɑ]) is 'n Turkiese taal wat deur die Krim-Tatare op die Krim-skiereiland gepraat word. Sedert die 20ste eeu, na grootskaalse emigrasie van die Krim-Tatare, word die taal ook in Roemenië, Bulgarye en Turkye gepraat. Daar is ook klein gemeenskappe in die Verenigde State en Kanada.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Krim-Tatare.
Krim-Tataars Qırımtatarca, Qırımtatar tili Къырымтатарджа, Къырымтатар тили Ҡырымтатарҗа, Ҡырымтатар тили | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [qɯrɯmtɑtɑrˈd͡ʒɑ] | |
Gepraat in: | Bulgarye Kirgisië Roemenië Rusland Turkye Oekraïne Oesbekistan | |
Gebied: | Krim | |
Totale sprekers: | 573 540[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Kiptsjak Kiptsjak-Koeman-Oghoer Krim-Tataars | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese en Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Krim | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | crh | |
ISO 639-3: | crh | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die taal word deur 573 540 mense as moedertaal gebruik. Dit bestaan uit drie dialekte: dialek van die Noğays, dialek van Yalıboylus en die dialek van die Tats.
Krim-Tataars moet nie met Tartaars, wat in Rusland gepraat word, verwar word nie. Hoewel die twee tale aan mekaar verwant is, is dit nie onderling verstaanbaar nie. Krim-Tataars is op groot skaal deur nabygeleë Oghoer-Turkiese tale soos Turks, Turkmeens en Azerbeidjans beïnvloed.