Lance James
Suid-Afrikaanse sanger / From Wikipedia, the free encyclopedia
Lance James (18 Julie 1938 – 2 Maart 2020) was 'n bekende Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper (Springbok Radio, 1954–1985). Van sy treffers sluit in Dankie, Vicki en Ahoy, Madagaskar Ahoy!. Tydens Huisgenoot se 2009-Skouspel is hy (saam met nege ander sangers) vereer vir hul lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek.
Kitsfeite Geboortenaam, Ook bekend as ...
Lance James | |
---|---|
Geboortenaam | Lance James Liebenberg |
Ook bekend as | "Big Daddy" |
Gebore | (1938-07-18)18 Julie 1938 Germiston |
Sterf | 2 Maart 2020 (op 81) Johannesburg |
Genres | Country |
Beroep(e) | Sanger, radio-omroeper |
Webwerf | lancejames.co.za |
Sluit
Op 26 Januarie 2020 is Lance ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.