Lys van Formule Een wêreldkampioenskap punteleer metodes
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie is 'n lys van punteleer metodes wat die uislag van die FIA Wêreld Bestuurders- en Vervaardigerskampioenskap sedert 1950 bepaal. Die Kampioenskap word oorhandig aan die bestuurder en vervaardiger wat die meeste punte oor die duur van 'n Kampioenskap-seisoen bymekaar maak.
|
In sekere seisoene is net 'n sekere hoeveelheid van 'n bestuurder se beste uitslae getel vir die kampioenskaptitel. Dit kan die beste geïllustreer word aan die 1988 Formule Een-seisoen toe die McLaren-bestuurders Alain Prost en Ayrton Senna oorheers het. Prost het in 14 wedrenne òf eerste òf tweede geëindig, en nie die ander twee voltooi nie, tweryl Senna 8 wedrenne gewen het teenoor die 7 van Prost wat beteken het dat hy (Senna) slegs 3 verdere tweede plekke nodig gehad het om die Kampioenskaptitel te verower, ongeag Prost se uitslae. Dit het gelei tot die afwyking waar Prost meer punte gekry het in die seisoen maar nie die kampioen was nie. 'n Nuwe stelsel wat al die punte vir al die wedrenne getel het is ingestel in 1991, saam met 'n addisionele punt vir die wenner.
Die huidige stelsel is in die 2003 seisoen bekend gestel en is ontwerp om meer spanne en bestuurders in staat te stel om meer gereeld punte aan te teken, terwyl die kleiner verskil in punte beteken dat betroubaarheid en herhaalbaarheid dikwels belangriker is as die finale posisie.
Die bestuurder wat oor jare die beste vertoon het in terme van punte is Jim Clark, wie 'n maksimum van 54 punte (6 seges) in die 1963 Formule Een-seisoen en die 1966 Formule Een-seisoen behaal het. Meer onlangs het Michael Schumacher elke wedren van die 2002 Formule Een-seisoen gewen om 144 uit 'n maksimum van 170 punte te kry. Die mees dominante vervaardigerskampioen is Mclaren wat in die 1988 Formule Een-seisoen 199 uit 'n maksimum van 240 punte aangeteken het; hulle was 134 punte voor die naaste teenstander. In 2002 het Ferari 221 punte aangeteken, soveel soos al die ander spanne saam.