Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Vreemde taal verwys na 'n taal wat nie 'n spreker se moedertaal is nie, en vreemdtalige woordeboeke is hulpmiddels wat mense reg oor die wêreld in staat stel om mekaar te verstaan en tale grondig te verken. Dit word gevolglik aanvaar dat die skryf en publikasie van meer Groot Woordeboeke in Afrikaans die belangstelling en vaardigheid daarin reg oor die wêreld sal aanwakker en bevorder.