Mae West
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mary Jane (Mae) West (Woodhaven, New York, 17 Augustus 1893 - Los Angeles, Kalifornië, 22 November 1980) was 'n Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer.
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Mae West | |
Geboortenaam | Mary Jane West |
---|---|
Geboorte | (1893-08-17)17 Augustus 1893 Woodhaven, NY (VSA) |
Sterfte | 22 November 1980 (op 87) Los Angeles, CA (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise, draaiboekskrywer |
Rolprente | Klondike Annie |
Sluit
Sy is gebore as die dogter van Jack West en Matilda Doelger.
Mae West het begin optree in Vaudeville op die ouderdom van vyf. Teen die ouderdom van twaalf het sy opgetree onder die naam "The Baby Vamp."
Sy het uiteindelik haar eie opvoerings begin skryf. Haar eerste optrede op Broadway was getiteld Sex. Die hoofrol is deur haarself vertolk, sy was ook die skryfster, vervaardiger en direkteur. Die opvoering het nie aanklank gevind by die stad se amptenary nie, en sy is gearresteer, asook al die ander toneelspelers.