From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Manhattan-metriek of stadsblokafstand, wat vir die eerste keer aan die einde van die 19de eeu ondersoek is, is ’n vorm van meetkunde waarin die gebruiklike metriek (die begrip van afstand) van die Euklidiese meetkunde vervang word deur ’n nuwe metriek waarin die afstand tussen twee punte die som is van die (absolute) verskille tussen hul Cartesiese koördinate. Die naam verwys na die roostervormige opset van die meeste strate op die eiland Manhattan, soos vasgelê in ’n plan uit 1811. Volgens die rooster is die kortste roete wat ’n motor kan neem om die afstand tussen twee punte in die stad af te lê, die lengte wat die paaie op dié plan volg (sien illustrasie regs).
In formulevorm word die Manhattan-afstand gedefinieer as die som van die absolute verskille tussen die betrokke koördinate.
In ’n tweedimensionele geval, soos in die illustrasie, kry ’n mens die volgende.
As en punte is met koördinate en dan is die Manhattan-metriese afstand tussen en :
Ter vergelyking: die bekende Euklidiese afstand tussen en is
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.