Manuel Escórcio
Suid-Afrikaanse tenoor / From Wikipedia, the free encyclopedia
Manuel Escórcio is 'n tenoor wat bekend is vir sy operaoptredes en Afrikaanse liedjies. Hy is ook Portugees en Engels magtig en sing ook in die tale. Hy begin sy musiekloopbaan op 16-jarige ouderdom by die Helderberg Kollege in Somerset-Wes in Suid-Afrika.[1]
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Manuel Escórcio | |
---|---|
Geboortenaam | Manuel Maria Lamarque Escórcio |
Gebore | 1950 Lourenço Marques, Mosambiek |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1982 – nou |
Assosiasies | Janita Claassen Rina Hugo |
Webwerf | manuelescorcio.co.za |
Sluit
Escórcio het al dwarsoor Suid-Afrika opgetree, asook in die VSA, Kanada, Brasilië, Portugal, Venezuela, die Filippyne en Australië.[2]
In 1981 word die Orde van Prins Henry aan hom toegeken.[1]
Op 26 Januarie 2020 is Manuel ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.