Marondera
dorp in die provinsie Masjonaland-Oos van Zimbabwe / From Wikipedia, the free encyclopedia
Marondera is 'n redelike groot dorp in die provinsie Masjonaland-Oos van Zimbabwe met 'n geraamde bevolking in 2007 van 60 291.
Marondera (vroeër Marandellas) | |
---|---|
Leuse(s): "Floreat Marondera" (May Marondera Flourish) | |
Koördinate: 18°11′0″S 31°33′0″O | |
Land | Zimbabwe |
Provinsie | Masjonaland-Oos |
Dorp | 1913 |
Stad | 1943 |
Stad | 1982 |
Bevolking | |
• Totaal | 60 291 |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Die dorp het tot ongeveer 1982 as Marandellas, 'n verbastering van sy oorspronklike naam, bekend gestaan. Dit is 72 km suidoos van Harare op die hoofpad na Mutare geleë. Die naam is afgelei van die naam van die hoofman van die Zezuru-stam wat eens hier gewoon het. Die dorp is rondom 'n groot sentrale plein aangelê en is redelik boomryk, met 'n aangename klimaat danksy die hoogte bo seespieël.
Van die vernaamste bedrywe in die omgewing is bosbou, beesboedery, suiwelprodukte, graan en tabak, hoewel die landbousektor sedert die jaar 2000 feitlik in duie gestort het vanweë Robert Mugabe se beleid om beslag te lê op plase in wit beheer.