From Wikipedia, the free encyclopedia
Mazda (Japannees: マツダ株式会社, Matsuda Kabushiki-gaisha) is 'n Japannese motorvervaardiger met sy hoofkantoor in Hirosjima, Japan. Sedert 2005 vervaardig die maatskappy ongeveer 800 000 voertuie per jaar met die grootste afsetgebied vir sy produkte in Japan, Europa en Noord-Amerika.
Mazda Motor Corporation | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1920 |
Hoofkantoor | Hirosjima, Japan |
Sleutelpersone | Takashi Yamanouchi (hoof uitvoerende beampte) Masamichi Kogai (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | motorvoertuie, ligte vragmotors, enjins |
Inkomste | ¥2,3 miljard / $23,42 miljard[1] (2011) |
Bedryfsinkomste | ¥23,8 miljard[1] (2011) |
Netto inkomste | ¥-60 miljard[1] (2011) |
Werknemers | 37 745 (2013) |
Moedermaatskappy | Japan Trustee Services Bank (6,0%) The Master Trust Bank of Japan (5,4%) Sumitomo Mitsui Banking Corporation (2,2%)[2] |
Webwerf | mazda.com |
Mazda het ontstaan as die Toyo Cork Kogyo Maatskappy in 1920 in Japan. Toyo Kogyo het oorgeskakel vanaf die vervaardiging van masjiengereedskap na voertuie met die bekendstelling van die Mazda Mazdago in 1931 en het ook wapens vervaardig vir die Japannese weermag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die maatskappy het die Mazda naam formeel in 1984 aangeneem, al het elke voertuig wat hulle gemaak het van die begin af al daardie naam gedra. Die eerste vierwielmotor, die Mazda R360 is in 1960 bekendgestel en gevolg deur die Mazda Carol in 1962.
Die Ford Motormaatskappy het sedert 1979 'n 25% aandeel in Mazda besit en in 1996, het hulle hul belang verhoog tot 'n beherende aandeel van 33.4% toe Mazda 'n finansiële krisis beleef het. Baie van Ford se modelle is dan ook op Mazdas gebaseer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.