Werkersdag is 'n nasionale openbare vakansiedag wat die werkers van 'n land huldig. Dit hou histories met die arbeidersbewegings en die Meidagfeesvieringe in ander dele van die wêreld verband, spesifiek die agt uur-werksdagbeweging wat agt ure vir werk, agt ure vir ontspanning en agt ure vir rus voorgestaan het.

Thumb
Lande en afhanklike gebiede volgens waarneming van Werkersdag of 'n ander variant van Meidag of Werkersdag:

 Werkersdag is of kan op 1 Mei wees

 'n Ander openbare vakansiedag op 1 Mei

 Geen openbare vakansiedag op 1 Mei nie en Werkersdag is op 'n ander datum

 Geen openbare vakansiedag op 1 Mei en ook geen Werkersdag nie

Dit word in verskeie lande, insluitende Suid-Afrika gevier. Alhoewel die datum van die viering dikwels op 1 Mei val, is daar lande wat die viering op 'n ander datum huldig - dikwels 'n datum wat histories van belang was vir die bevordering van die arbeidsbeweging in daardie land.

Geskiedenis in Suid-Afrika

Werkersdag word sedert 1995 jaarliks op 1 Mei in Suid-Afrika waargeneem.[1] Dit het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers, hul soeke na regverdige indiensneming en die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek wat in die nasionale en internasionale wet erken word.[2]

Voor 1994 is die dag deur vakbonde in Suid-Afrika vir protesoptogte teen die destydse apartheidsregering se rassebeleid ingespan. In 1928 het duisende swart werkers 'n massaoptog gehou. In 1950 het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party 'n betoging op 1 Mei gereël om die regering se Onderdrukking van Kommunisme-beleid as onwettig te verklaar. Polisiegeweld het die dood van 18 mense tydens hierdie betoging in Soweto tot gevolg gehad. [3]

In 1986, met die honderdste herdenking van die Haymarket affair, het die Congress of South African Trade Unions (COSATU) die regering versoek om 1 Mei as 'n amptelike vakansiedag te verklaar. Die vakbond het ook gevra dat werkers op daardie dag nie werk toe gaan nie, maar by die huis bly.[4] Daar het 'n aantal prominente anti-apartheid organisasies, insluitend die National Education Crisis Committee en die United Democratic Front (South Africa), hul by COSATU se saak geskaar.[5] Die versoek is ook deur 'n aantal organisasies wat as konserwatief beskou is, ondersteun, soos die African Teachers' Association of South Africa, die National African Federated Chamber of Commerce en die Steel and Engineering Industries Federation of South Africa, 'n organisasie wat werknemers in die staalindustrie verteenwoordig.[5] Meer as 1 500 000 werkers het die versoek om by die huis te bly, gehuldig. So ook duisende studente, taxibestuurders, verkopers, winkeliers, huishulpe en mense wat vir hulself werk.[5] In die daaropvolgende jare het 1 Mei 'n gewilde vakansiedag geword.[4] Omdat die 1950-slagting op 1 Mei plaasgevind het en die sukses van COSATU se versoek op 1 Mei 1986, het die datum sinoniem met weerstand teen die apartheidsregering geraak. Na Suid-Afrika se eerste amptelike demokratiese verkiesing in 1994, is 1 Mei as 'n amptelike openbare vakansiedag ingestel wat die eerste keer in 1995 gevier is.[4]

Geskiedenis in ander lande

Australië

Die eerste optog vir 'n agt uur-werksdag deur die Australiese Arbeidsbeweging het op 21 April 1856 in Melbourne plaasgevind.[6] Op hierdie dag het klipmesselaars en konstruksiewerkers op bouterreine in die omgewing van Melbourne ophou werk en van die Universeit van Melbourne tot die Parlementshuis in 'n optog gestap om 'n agt uur-werksdag te bepleit. Hul betoging was 'n sukses en hulle word as van die eerste georganiseerde werkers in die wêreld beskou wat 'n 8 uur-dag sonder verlies aan betaling behaal het.[7]

Kanada

Thumb
'n Arbeidsdag-optog in Toronto, Ontario in die vroeë 1900's

Arbeidsdag (Frans: Fête du Travail) is in 1894 tot 'n openbare vakansiedag in Kanada verklaar en word sedertdien jaarliks op die eerste Maandag in September gevier. Die Kanadese arbeidsdag se oorsprong kan na verskeie plaaslike betogings en vieringe in die vroeëre dekades.[8] Hierdie gebeure het politieke belang na 'n arbeidsdagoptog in Toronto in April 1872, ter ondersteuning van stakende drukkers, direk gelei het tot die inwerkingtreding van die Vakbondwet, 'n wet wat die wettigheid van vakbonde bevestig het.[verwysing benodig] Op 22 Julie 1882 het 'n arbeidsdagviering in Toronto die aandag van die Amerikaanse arbeidsleier Peter J. McGuire getrek, wat 'n soortgelyke parade in New York City op 5 September van dieselfde jaar gereël het. Vakbonde wat met die Knights of Labor en die American Federation of Labor in beide Kanada en die Verenigde State geassosieer het, het daarna parades en feeste op die eerste Maandag in September bevorder. In Kanada het plaaslike vieringe in Hamilton, Oshawa, Montreal, St. Catharines, Halifax, Ottawa, Vancouver en London gedurende hierdie jare plaasgevind. Montreal het 1 September as 'n publieke vakansiedag in 1889 verklaar. In Nova Scotia het steenkoolmyners sedert 1880 pieknieks en parades gehou ter herdenking van die stigting van hul vakbond, die Provincial Workmen's Association, in 1879.

Verenigde State

Thumb
Die eerste Arbeidsdagparade op 5 September 1882 in New York City

In die Verenigde State is Arbeidsdag (Labor Day) 'n federale vakansiedag wat op die eerste Maandag in September gehuldig word. Dit word gewoonlik beskou as die einde van die somer-vakansieseisoen in Amerika.[9] Baie skole begin die dag ná Arbeidsdag met die nuwe skooljaar.[10]

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.