From Wikipedia, the free encyclopedia
Middelnederduits is die taal wat uit Oudnederduits ontstaan het en as die voorloper van moderne Nederduits beskou word. Dit was die gesproke taal van Noord-Duitsland, die skryftaal van die Hanse het gedien as die internasionale lingua franca van die Hanseverbond. Buurtale was Middelnederlands in die weste en Middelhoogduits in die suide, Slawiese tale in die ooste en Deens in die noorde. Dit is van omtrent 1100 tot 1600 gepraat.
Middelnederduits | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Gebiede van die Hanseverbond in Noord-Duitsland, Oosseekusgebied en Europese Noordseekusgebied | |
Gebied: | Noord-Europa | |
Totale sprekers: | ||
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Middelnederduits | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | — | |
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
As gevolg van die taal se rol as lingua franca van die Hanseverbond het dit 'n beduidende invloed op tale van Noord-Europa gehad. Die invloed sluit in talle leenwoorde in verskeie tale soos Sweeds, Fins, Russies en die Baltiese tale.[1][2] Dit het verder ook bygedra tot morfologiese vereenvoudiging van die Middel-Skandinawiese tale wat ontwikkel het tot moderne Sweeds, Deens en Noors. Die vereenvoudingings sluit in die verlies in verbuiging in die Vasteland Skandinawiese tale.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.