Militêre strategie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Militêre strategie is die versamelnaam vir die voorbereiding vir oorlogsvoering. Strategie, afgelei van die Griekse woord strategos, is gesien as "die kuns van die generaal". Die vader van die moderne strategiese studie, Carl von Clausewitz, het militêre strategie gedefinieer as "die gebruik van gevegte met die doel om die oorlog te wen." Militêre strategie is deel van 'n drie-eenheid van "kuns" of "wetenskap" in die krygskunde, saam met taktiek, die uitvoering van planne en die manoeuvrering van eenhede in die geveg en logistiek, die onderhouding van 'n krygsmag.