Minderjarigheid in die reg dui op ’n persoon wat nog nie mondig is nie en dus nog nie as ’n volwassene beskou word nie. Dit hang van gebied tot gebied af, maar is gewoonlik 18. In Suid-Afrika was mondigwording voorheen op 21, maar dit is kragtens die Kinderwet van 2005 tot 18 verlaag.[1][2]

Die term minderjarige word dikwels gebruik in verband met sekere beperkings wat niks met mondigwording te doen het nie. Die ouderdom om te mag drink in die VSA is byvoorbeeld gewoonlik 21 en jonger mense word soms minderjariges genoem in terme van die alkoholwet, al is hulle 18 of ouer.[3][4] Dit kan ook gebruik word in verband met die ouderdom waarop ’n mens mag rook, seks hê, bestuur, stem, ensovoorts. Dit verskil dikwels van die ouderdom van mondigwording.

In baie lande, soos Australië, Indië, Brasilië, Kroasië, Colombia en Suid-Afrika word iemand van 18 as mondig beskou. In Amerika, waar die ouderdom van mondigwording van deelstaat tot deelstaat wissel, is dit gewoonlik 18, maar in sekere state kan dit op sekere gebiede (soos dobbel en drink) 21 wees.

In Japan, Taiwan en Thailand is ’n minderjarige iemand jonger as 20. In Nieu-Seeland is dit ook 20,[5] maar sekere dinge is op ’n jonger ouderdom toelaatbaar, soos 15 vir die ondertekening van dokumente en om ’n testament te mag hê.[6]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.