Moderne Teenpouse
From Wikipedia, the free encyclopedia
In die moderne tyd is daar verskeie persone wat aanspraak maak op die pousskap en hoewel hulle nie tegnies aan die definisie van teenpous voldoen nie, word hulle tog as sulks in die media betitel. Gewoonlik behoort hulle tot sedevacatante-groeperinge wat aanneem dat die Stoel van Rome vakant is en dan iemand kies om die plek te vul. Hulle word ook konklaviste genoem omdat hulle baie keer deur 'n konklaaf van gelowiges verkies is. Petrus II is 'n geliefde pousnaam onder hulle weens die profesieë van St. Malachias wat verklaar dat Petrus II die laaste pous van die Rooms-Katolieke Kerk sou wees.