From Wikipedia, the free encyclopedia
Mohammad bin Salman bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: محمد بن سلمان بن عبدالعزيز آل سعود, Muḥammad bin Salmān bin ‘Abd al-‘Azīz Āl Sa‘ūd; gebore 31 Augustus 1985),[1][2][3] in die omgang bekend as MbS,[4][5] is die kroonprins en onderpremier van Saoedi-Arabië[6] (die koning is die premier). Hy is ook voorsitter van die Raad vir Ekonomiese en Ontwikkelingsake, voorsitter van die Raad vir Politieke en Veiligheidsake en minister van verdediging – die jongste ter wêreld toe hy aangestel is.[7] Hy is al beskryf as die mag agter die troon van sy pa, koning Salman.
Mohammad bin Salman al-Saoed | |
Kroonprins van Saoedi-Arabië Eerste onderpremier | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 21 Junie 2017 | |
Voorafgegaan deur | Mohammad bin Najef |
---|---|
Minister van verdediging | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 23 Januarie 2015 | |
Voorafgegaan deur | Salman bin Abdoel Aziz al-Saoed |
Onderkroonprins Tweede onderpremier | |
Ampstermyn 29 April 2015 – 21 Junie 2017 | |
Voorafgegaan deur | Mohammad bin Najef |
Opgevolg deur | Vakant |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Mohammad bin Salman bin Abdoel Aziz al-Saoed 31 Augustus 1985 Riaad |
Eggenoot/-note | Sarah bint Masjoor bin Abdoel Aziz al-Saoed |
Kind(ers) | 4 |
Mohammad is in Junie 2017 as kroonprins aangestel[8] ná die koning se besluit om sy broerskind Mohammad bin Najef uit alle regeringsampte te verwyder, waardeur hy MbS die aangewese troonopvolger gemaak het.[9][10]
MbS het verskeie geslaagde hervormings ingestel, onder meer regulasies om die mag van die godsdienspolisie te beperk,[11] die afskaffing van die verbod op vroulike motorbestuurders in Junie 2018,[12] die verslapping van die manlike-oppasserstelsel in Augustus 2019[13] en vele ander.
Ondanks lof vir sy stappe om Saoedi-Arabië sosiaal en ekonomies te bevry, is internasionale kommentators en menseregtegroepe soms krities teenoor sy leierskap en die tekortkomings in sy hervormingsprogram. Van die sake wat genoem word, is die toenemende getal aanhoudings en beweerde martelings van menseregteaktiviste,[14] die Arabiese bombardering van Jemen onder sy aanvoering wat in 2018/2019 kon lei tot die dood van 13 miljoen sterftes weens hongersnood,[15] en die sluipmoord op die Arabiese andersdenkende Jamal Khashoggi.[16][17][11] Waarnemers het hom al beskryf as ’n outokratiese leier wat geen teenstand teen hom of die Saoediese koninklike familie duld nie.[18]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.