Moskouse Kremlin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Moskouse Kremlin (Russies: Московский Кремль; Moskofski Kreml), soms net "die Kremlin" genoem, is ’n historiese gefortifiseerde kompleks in Moskou wat oor die Moskwa-rivier in die suide, Sint Basilius-katedraal en Rooiplein in die ooste en die Aleksander-tuin in die weste uitkyk. Dit omvat vier paleise, vier katedrale en die omringende Kremlin-muur met sy torings. Dit is ook die amptelike woning van die president van Rusland.
- Vir ander gebruike van die woord of naam Kremlin sien Kremlin (dubbelsinnigheid).
Kitsfeite Kremlin en Rooiplein, Moskou*, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Kremlin en Rooiplein, Moskou* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Lugfoto van die Moskouse Kremlin. | |
Posisie van die Moskouse Kremlin in Rusland | |
Koördinate: 55°45′06″N 37°37′04″O | |
Lande | Rusland |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ⅰ,ⅱ,ⅳ,ⅵ |
Verwysings | 545 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1990 (14de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit
Die naam "Kremlin" word ook dikwels gebruik vir die regering van die Sowjetunie (1922–1991) of tans die Russiese regering.