Moskwa-Siti (Russies: Москва́-Си́ти) is 'n stadsdeel van Moskou. Dit staan ook bekend as die Moskouse Internasionale Sakesentrum (Московский международный деловой центр, ММДЦ; Moskofski mezjdoenarodni delowoi tsentr, MMDTs). Die gebied word tans bestuur as deel van die Presnenski-distrik.

Thumb
Moskwa-Siti in 2015
Thumb
'n Nagtelike uitsig oor Moskwa-Siti in 2016
Thumb
Toring 2000 en die Begration-brug

Geskiedenis

Die MMDTs is ’n gebied vir sakebedrywighede wat besighede en woonstelle bevat. Dis die eerste in sy soort in Rusland en Oos-Europa. Die organisasie wat die ontwikkeling van die projek beheer, is die openbare maatskappy SITI, wat met ondersteuning van die bestuur van die stad Moskou in 1992 spesiaal vir díe doel gestig is, maar op aandeelhouerskap berus.

Die Presnenski-kaai, waar die sakedistrik geleë is, is sowat 100 ha groot, waarvan daar op 60 ha gebou word. Dit is die enigste plek in Moskou waar op so ’n groot skaal gebou word.

Geboue

Toring 2000

Toring 2000 (Башня 2000) is ’n kantoorgebou van 34 verdiepings op die (oorkantse) regteroewer van die Moskwa-rivier. Dit word deur die Bagration-brug met die MMDTs verbind.

Die gebou is 104 m hoog en beslaan ’n oppervlakte van 61 057 m². Bouwerk het in Desember 1996 begin en dit is in 2001 voltooi.

Eksterne skakels

Wikimedia

Media


55°44′48″N 37°32′13″O

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.