Die NG gemeente St. Stephen's in Kaapstad het in 1857 die 72ste gemeente van die NG Kerk geword nadat ’n ou teater as ’n kerk ingerig is.[1] Die naam is gegee na aanleiding van die eerste martelaar, Stefanus, omdat Kapenaars wat nie daarvan gehou het dat vrygemaakte slawe in die kerk aandskool bywoon nie, dit omstreeks die middel van die 19de eeu op 'n keer met klippe bestook het.
Die NG kerk St. Stephen's soos dit vandag lyk. Die argitek was bes moontlik Louis Thibault.
Dit was deur ds. Georg Stegmann se toedoen dat dié gebou, indertyd 'n uitgediende teater, aangekoop en in 'n kerk vir vrygestelde slawe omskep is. Sedertdien is dit die tuiste van die NG gemeente St. Stephen's.
Ds. Hendrik Emmanuel Faure, leraar van 1859 tot 1864, toe hy na Holland verhuis waar hy oorlede is op 6 April1896.