![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/3/33/Ou_NG_kerk_Turffontein.jpg/640px-Ou_NG_kerk_Turffontein.jpg&w=640&q=50)
NG gemeente Turffontein
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Turffontein was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die suide van Johannesburg in die destydse Transvaal. Dit is in 1906 gestig en was jare lank 'n groot gemeente met 'n sieletal van soms selfs meer as 3 000.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/3/33/Ou_NG_kerk_Turffontein.jpg/640px-Ou_NG_kerk_Turffontein.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/1/15/Turffonteinkerk.jpg/640px-Turffonteinkerk.jpg)
Turffontein het egter op 24 April 1994 met Johannesburg-Suid saamgesmelt as NG gemeente Deo Gloria, 88 jaar nadat Turffontein afgestig is en 44 jaar ná die afstigting van Johannesburg-Suid. Dit was deels weens die verhuising van baie Afrikaanssprekendes uit sekere dele van Johannesburg se suidelike voorstede na aangenamer woonbuurte, maar veral omdat Turffontein se onderversekerde kerkgebou in Maart 1992 afgebrand en die gemeente dit nie kon bekostig om dit te herbou nie. Dié samesmelting het 'n einde gemaak aan die 88-jarige bestaan van die oudste gemeente suid van die middestad, van wie al die gemeentes in die suide dogters of kleindogters is of was.