Nasionale Dag van België
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Dag van België word jaarliks op 21 Julie in België gevier. Die dag gedenk die inhuldiging van die eerste Belgiese koning, Leopold van Saksen-Coburg-Gotha. Die dag is as 'n nasionale vakansiedag geproklameer. Winkels, banke en poskantore is gesluit en openbare dienste word nie op die dag gelewer nie.