Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika in Pretoria is 'n fasiliteit van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) waar 'n groot verskeidenheid spesies van diere aangehou word vir besoekers om te besigtig.
Die 85 ha dieretuin huisves 3117 voorbeelde van 209 soogdierspesies, 1358 voorbeelde van 202 voëlsoorte, 3871 voorbeelde van 190 visspesies, 388 voorbeelde van 4 ongewerwelde spesies, 309 voorbeelde van 93 reptielspesies, en 44 voorbeelde van 7 amfibiese spesies.
Die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika is die grootste dieretuin in die land en die enigste een met nasionale status. Die dieretuin word deur meer as 600 000 mense per jaar besoek. Die totale lengte van die wandelpaaie in die dieretuin is ongeveer 6 km.