From Wikipedia, the free encyclopedia
Niesiklopedia (Engels: Uncyclopedia) is 'n inhoudvrye ensiklopedie. Dit is 'n satiriese parodie van Wikipedia en is in Afrikaans, Engels en verskeie ander tale beskikbaar. Die wiki verskaf humoristiese en satiriese artikels van spesifieke temas en is gerig op vermaak eerder as om betroubare inligting weer te gee.
Niesiklopedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Afrikaans, Engels en meer |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Uncyclomedia Foundation (vir Niesiklopedia) |
Outeur | Jonathan Huang en "Stillwaters" |
Opgerig | 20 Julie 2011 (Niesiklopedia), 5 Januarie 2005 (Uncyclopedia) |
Huidige status | Aktief |
URL | niesiklopedia.org |
Die Engelstalige Uncyclopedia is op 5 Januarie 2005 begin deur Jonathan Huang, oftewel "Chronarian", en 'n anonieme helper wat as "Stillwaters" bekend staan. Uncyclopedia en later Niesiklopedia se kenteken is 'n uitgeholde aartappel in teenstelling met Wikipedia se aardbol. Huang het die domein uncyclopedia.org op 10 Julie 2006 aan Wikia oorgedra sonder die konsensus van die ander webbeheerders. Sedertdien het daar baie interne debatte gewoed oor die eienaarskap van Wikia.
Die Afrikaanse Niesiklopedia is deur die onafhanklike internasionale organisasie "Uncyclomedia Foundation" in die somer van 2011 van stapel gestuur, maar dit het maar min artikels in Afrikaans.
In die begin van 2013 het daar 'n breuk tussen Uncyclopedia en Wikia gekom en loop die projek 'n onafhanklike koers in onder die URL uncyclopedia.co.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Niesiklopedia. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.