Niihau

From Wikipedia, the free encyclopedia

Niihaumap

Niʻihau of Niihau (niːhaʊ); Hawais: (ˈniʔiˈhɔu) is die kleinste van die bewoonde eilande in die Amerikaanse deelstaat Hawaii, met 'n oppervlakte van bykans 180 km². Niʻihau is 28,2 kilometer suidwes van Kauai anderkant die Kaulakahi-kanaal geleë.

Kitsfeite Niʻihau Die Verbode Eiland, Geografie ...
Niʻihau
Die Verbode Eiland
Thumb
Lugfoto van Niʻihau
Geografie
Thumb
Ligging21.9°N 160.2°W / 21.9; -160.2
Oppervlakte179,9 vk km
Geranglys7de grootste eiland van die VSA-deelstaat Hawaii
Hoogste puntMount Pānīʻau
  381 m
Demografie
Bevolking130 (in 2009)
Bevolkingsdigtheid0,7/vk km
Amptelike simbole
BlomPūpū ke ʻoke ʻo
KleurKe ʻoke ʻo (wit)
Sluit

Geskiedenis

Nadat die eiland in 1864 deur Elizabeth Sinclair van die Koninkryk van Hawaii gekoop is, het dit tot vandag toe in privaat besit gebly. Sinclair het Niʻihau later aan haar erfgename, die Robinson-gesin, oorgeërf. Volgens 'n besluit van die Skotsgebore eienaars is die eiland, wat goed geskik vir skaap- en veeteelt is, nie vir besoekers toeganklik nie sodat die enkele honderd bewoners van suiwer Hawais-Polinesiese afkoms hul tradisionele leefwyse en taal kon bewaar.

Huidig

Niʻihau word tans deur Bruce en Keith Robinson bestuur.

Heelwat oud-bewoners van Niʻihau woon nou op die naburige eiland Kauai, waar die twee broers ook groot boerderye besit. Die oud-bewoners van Niʻihau vaar gereeld ván en ná die eiland. Die familie Robinson en hul gaste vlieg per helikopter vanaf Port Allen lughawe (Kauai) na Niʻihau, waar daar op verskeie plekke helikopterplatforms gebou is. Die huise op Niʻihau bly voortbestaan in die oorspronklike toestand soos gebou in die 19de eeu. Die meeste bewoners, insluitend die familie Robinson, woon op Kauai.

Toeganklikheid

Die eiland is net toeganklik vir familielede, Amerikaanse vlootpersoneel, regeringsamptenare en uitgenooide gaste – vandaar die bynaam "Verbode Eiland". Ter finansiering van 'n reddingshelikopter het die eienaars hul beleid in 1987 ietwat verander en sedertdien mag klein toergroepe onder toesig 'n besoek aan die eiland aflê, alhoewel hulle gewoonlik nie in aanraking met die bewoners mag kom nie.

Natuur

Op en rondom die eiland leef heelwat wilde diere. Op die eiland kom wilde perde, wilde skape en bokke voor, en die water rondom die eiland huisves volop haaie en dolfyne.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.