From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Noord-Europese Vlakte (Duits: Norddeutsches Tiefland – Noord-Duitse Vlakte; Mitteleuropäische Tiefebene; Pools: Nizina Środkowoeuropejska – Sentraal-Europese Vlakte; Deens: Nordeuropæiske Lavland en Nederlands: Noord-Europese Laagvlakte ; Frans : Plaine d'Europe du Nord) is 'n geomorfologiese streek in Europa wat die heel of dele van België, die Nederland (d.w.s. die Lae Lande), Duitsland, Denemarke, en Pole dek.
Dit bestaan uit die lae vlaktes tussen die Hercynische orogenese (Sentraal-Europese Hooglande) na die suide en kuslyne van die Noordsee en die Oossee na die noorde. Hierdie twee seë word geskei deur die Jutland-skiereiland (Denemarke). Die Noord-Europese Vlakte is verbind met die Oos-Europese Vlakte, wat saam die meerderheid van die Groot Europese Vlakte (Europese Vlakte) vorm.
Hoogtes wissel tussen 0 en 200 m. Alhoewel dit meestal as landbougrond gebruik word, bevat die streek ook vleigronde, heide en mere. Die Waddesee, 'n groot gety gebied, is geleë aan die Noordsee kus.
'n Aantal varswater strandmere insluitend die nl:Oderhaf, die nl:Wislahaf en die Koerse Haf word aan die Oossee-kus gevind.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.